Laurika Rauch - So Is My Tafel Gedek текст песни

Текст песни So Is My Tafel Gedek - Laurika Rauch



By my voordeur los die nag die oggendson
′T gooi 'n sagte lig oor die koebaai-traan van die lavender-dou
En my hart onthou daai pers en blou is ′n gunsteling van jou
So is my tafel gedek, my lief
Altyd en steeds vir jou
By my agterdeur groet 'n suurlemoen geur
'K het daai boom geplant op ′n sonskyndag
En gewonder wanneer kom die reën
Jy was bly soos ′n kind oor daai goudgeel vrug wat die son reflekteer
So is my tafel gedek, my lief
Altyd en steeds vir jou
In die middel van my huis: my hartkombuis
Die tafel se elke holte en groef kan van kosbaar tyd getuig
Van die verste verdwaal het ons hier ontmoet in liefde suikersoet
Want so is my tafel gedek my lief
Als van my is eenvoudig lief
Altyd en steeds vir jou




Laurika Rauch - Tweeduisend-En-Tien!
Альбом Tweeduisend-En-Tien!
дата релиза
05-01-2010




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.