Laurika Rauch - Brood текст песни

Текст песни Brood - Laurika Rauch



Vanoggend toe ek opstaan
Het die radio gesê
Dat die prys van brood moet laag bly
Die wêreld moet kos
Een glas wyn saam met vriende
Kan die hart sy vreugde bied
Maar daar′s min wat 'n mens so goed verstaan
Soos ′n hartseer liefdeslied
En ek sien jou sit daar by die straatkafee
Net jy alleen
'N Kelner gee sy glimlag
Maar die wolke bring weer reën
'N Stad vol mense om jou
Wat haastig heen beweeg
Maar vir jou het die wêreld stil gaan staan
Jou hart is koud en leeg
Ek gee vir jou ′n brood
As jy honger na my kyk
Ek gee vir jou my hand
As jy ′n bietjie eensaam lyk
Ek gee vir jou 'n smile
As daar ′n traan oor jou wange loop
En ek gee vir jou my woorde
Dis my daaglikse brood
Vanoggend toe ek opstaan
Het die radio voorspel
Dat die tyd op aarde min raak
Jy moet jou ma-hulle bel
Om te lag is medisyne
Wat die hart sy voedsel bied
Maar daar's min op hierdie aarde
Soos ′n goeie liefdeslied
Ek gee vir jou 'n brood
As jy honger na my kyk
Ek gee vir jou my hand
As jy ′n bietjie eensaam lyk
Ek gee vir jou 'n smile
As daar 'n traan oor jou wange loop
En ek gee vir jou my woorde
Dis my daaglikse brood
En ek sien jou stap daar
Tussen die duiwe in die stad
Alleen met jou gedagtes
Jou hart in jou hemp se sak
Dit lyk soos in ′n movie
Net die musiek wat eintlik kort
Maar hier is vir jou my woorde
Dis my daaglikse brood
Ek gee vir jou ′n brood
As jy honger na my kyk
Ek gee vir jou my hand
As jy 'n bietjie eensaam lyk
Ek gee vir jou ′n smile
As daar 'n traan oor jou wange loop
En ek gee vir jou my woorde
Dis my daaglikse brood
Ek gee vir jou ′n brood
As jy honger na my kyk
Ek gee vir jou my hand
As jy 'n bietjie eensaam lyk
Ek gee vir jou ′n smile
As daar 'n traan oor jou wange loop
En ek gee vir jou my woorde
Dis my daaglikse brood
En ek gee vir jou my woorde
Dis my daaglikse brood




Laurika Rauch - Tweeduisend-En-Tien!
Альбом Tweeduisend-En-Tien!
дата релиза
05-01-2010




Внимание! Не стесняйтесь оставлять отзывы.